Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 29 JUNIE 2014

Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga vir Sondag _______________ (Datum) gelees deur ________________________ naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL

Hierdie oudio bulletin kan afgelaai word vanaf die SARL se webblad by www.sarl.org.za ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook van hierdie webblad afgelaai word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

IN VANDAG SE NUUS

TYD RAAK MIN VIR RAE BEURSAANSOEKE

RTA IN DURBAN RUIMHARTIG ONTVANG

NUWE AANSLAG OP DIE 144MHZ TRANSATLANTIESE BRUG

5 MHZ TOEKENING BESPREEK TYDENS DIE WRC15 VOORBEREIDENDE WERKGROEP VERGADERING

EN MAAK NOU GEREED VIR DIE SARL PRESTIGE WEDSTRYDE

Bly ingeskakel vir meer oor hierdie en ander nuusitems


>> Die tyd raak min vir kandidate jonger as 26 jaar wat wil aansoek doen om ‘’n beurs vir die komende RAE wat in Oktober afgelê word. Die Suid Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelings Trust wag steeds vir aansoeke vir die Tony Reumerman beurse wat jaarliks toegeken word. Die sluitingsdatum vir aansoeke is eerskomende Maandag 30 Junie 2014. Die beurs bedrag beloop R 1000-00 en dek die eksamen fooi, eerste jaar se lisensie en ook gedeelte van die klasgelde. Daar is twee beurse wat wag om opgeraap te word.
Bo en behalwe die twee beurse staan die suksesvolle aansoekers ook die kans om ‘’n ARRL Basiese antenneboek los te slaan indien hul die eksamen slaag met ‘’n minimum “B” simbool. Dié boekprys se waarde is R 350-00. Die kandidaat sal skriftelike bewys van sy of haar prestasie moet voorle aan die trust. Meer inligting is beskikbaar op die webblad www.amateurradio.org.za. Onthou die sluitingsdatum is 30 Junie.

>> Gedurende die afgelope week het ’n SARL afvaardiging die Departement van Telekomunikasie en Poswese se WRC15 voorbereidende werk groep vergadering bygewoon. Hans van de Groenendaal, ZS6AKV het ’n voorlegging gedoen wat die SARL se standpunt met betreking tot hierdie aangeleentheid uitwys aangebied. Agenda item 1.4 ondersoek die moontlikheid om ’n permanente toekenning aan amateurs te maak in die 5MHZ band. Die SARL voorlegging het die voordele van so toekening tot veral noodkommunikasie uitgewys. Die voorlegging het ook die kollig laat val op die navorsing wat tans deur die liga en sy lede gedoen word.

Die afvaardiging het ook fyn opgelet na ander items wat dalk ’n invloed op amateurradio mag hê. Meer inligting sal binnekort op die SARL webblad gepubliseer word.


>> Die SARL Radio Tegnologie in Aksie simposium wat verlede Saterdag in Durban aangebied is, was baie entoesiasties deur die teenwoordiges ondersteun. Amateurs het van heinde en vêrre die geleentheid bygewoon. Heelwat interesante aanbiedings is tydens hierdie geleentheid gemaak.

Die bespreking wat oor die SARL se 5MHZ navorsingsprojek het heelwat reaksie ontlok en verskeie ZS5 stasies het die afgelope paar dae betrokke geraak deur WSPR op 5250KHZ. Om meer hieroor uit te vind besoek die SARL se webblad vir ’n skakel na die navoringsblad.

Besprekings vir die RTA in Johannesburg op 23 Augustus 2014 en 13 September in Pretoria open volgende naweek.


>> Die Ierse Radiosenders Vereniging se Brendan Trofee vir die eerste tweerigting transatlantiese kontak is steeds nie opgeeis nie. ’’n Baie doelgerigte span, in Pouch Cove Newfoundland gaan hierdie jaar weereens probeer om hierdie Rubicon oor te steek.

In hul arsenaal is ’n 43 element rigstraler van bykans 30 meter lank wat gedryf word met 750watt. Hierdie monster lugdraad is tussen 6 en 8.5 meter bokant die grond gemonteer. Die V1CT span beplan om deur middel van WSJT, gelykgolf en enkelsyband tussen 8 en 12 Julie aktief te wees. Dit is baie belangrik dat EU operateurs die operasionele protokol baie noukeurig moet navolg om enige kans op sukses te verseker. Meer inligting rakende die lugdraad en ook die aanslag kan gevind word op www.brendanquest.org

>> Drie van die SARL se groot kompetiesies word elke jaar gedurende Augustus aangebied. Die SARL HF enkelsyband kompetiesie word aangebied op 3 Augustus waarna die SARL digitale komeptiesie volg op 17 Augustus en die groot finalé is die HF gelykgolf geleentheid op 31 Augustus. Kry daardie HF lugdrade vir 20; 40 en 80 meter nou gereed en kom deel in die pret. Meer inligting hieroor is beskikbaar op die wedstydblaaie van die SARL se webblad

>> SARL intekengelde vir die volgende jaar is nou reeds betaalbaar. Betaal asseblief jou lidmaatskap fooie so gou moontlik. Die fakture is reeds ’n rukkie gelede gestuur via epos. Gebruik asseblief jou roepsein as verwysing wanneer jy per bankoordrag betaal. Daar word steeds oorbetalings ontvang wat nie die regte verwysing het nie wat tot gevolg het dat die fondse nie teen die regte persoon gekrediteer kan word nie. Die raad het ook die verguning gemaak dat lede hul lidmaatskap in 3 maklike betalings kan maak. Die betalings moet egter teen 31 Augustus gefinaliseer wees. Ons dank ook aan almal wat reeds hul ledegeld betaal het

>> Dan herinder ons jou weer daaraan dat die IARU HF kampieonskappe gedurende die naweek van 12 en 13 Julie plaasvind. Die geleentheid skop om 12:00 UTC die 12de af en loop 24uur later om 12:00 UTC op die 13de ten einde.

OKOSA het die roepsein ZS9HQ aan die SARL toegeken en die roepsien sal vir die duur van die geleentheid op die lug wees. Die SARL president Geoffrey Levey ZS6C versoek amateurs wat belangstel om die roepsein te aktiveer om hom te kontak via epos by contest@sarl.org.za ten einde die nodige operasionele skedule te finaliseer.

>> Die SARL jeugnet sal weer op Sondag 6 Julie om 15:00 op die lug wees. Die netbeheer sal Mitchell Mynhard ZS6YH wees en die net sal op 7070KHZ gehou word. Klubs word uitgenooi om ook hul klubstasies te aktiveer en om jongmense in hul area te betrek tydens hierdie geleentheid. Van die besprekings tydens hierdie net sal fokus op die ’n geskikte tyd vir die net en ’n skedule vir ander jong amateurs wat sal kan optree as net beheer, ten einde die net weekliks op die lug te plaas, sal ook bespreek word.
Die oogmerk van hierdie net is om jongmense aan te moedig om meer aktief te wees. ’n vriendelike versoek aan die ouer garde, kom ons gee die jonges ook ’n kans, staan bietjie terug dat hulle ook hul ding kan doen.
Daar is ook n foto kompetiesie gekoppel aan hierdie net. Stuur ’n foto waar jongmense ’n klubstasie gebruik aan artoday@sarl.org.za om in aanmerking te kom vir die gelukstrekking. ’n Prys word uitgeloof aan ‘’n jongeling in die foto en nie aan die fotograaf nie.
Die prys is ’n Velleman edukit ter waarde van R 395-00 wat ‘’n soldeerbout, diagonalesnyer, soldeersel en ook twee projekte insluit. Die prys word geborg deur Electronics FG in Fearieglen Pretoria.

>> Rustenburg Amateur Radio Klub het hul AJV op 30 Mei 2014 gehou en die volgende lede is verkies tot komitee :

Voorsitter : Koos Robbertse ZS6JJR
Sekretaris : John Keulder ZS6BXL
Tegnies : Dawie Conradie ZR6DHC
Ge-koopteerde lid : Lukas Holtzhausen ZS6LH

HF Voortplantingsvoorspelling

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met weinig kans vir ernstige sonfakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 60.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Ons bulletin staan nou einde se kant toe maar eers kyk ons na die dagboek:
12 en 13 Julie vind die IARU HF kamioenskappe plaas, dis ook die naweek vir die WRTC14, 19 Julie is dit die beurt van die SARL winter QRP naelloop, 26 en 27 Julie die RSGB se Eilande op die lug geleentheid en 3 Augustus die SARL HF Foon kompetiesie. Jy kan meer hieroor asook ander geleenthede uitvind deur die SARL se dagboek van die webblad af te laai

Om ons bulletin mee af te sluit kyk ons weer na die hoofberig, die Suid Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelings trust RAE beursaansoek vir kandidate jonger as 26 jaar wat die Oktober eksamen wil aflê sluit Maandag 30 Junie.

Dit bring ons aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land
'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die webtuiste onder die newsinbox skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

En daarmee kom ons aan die einde van hierdie nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie ZR6DHC

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003